Amerikaanse betrokkenheid by die G20 in Suid-Afrika is opgeskort
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 15, 2025
- 1 min read
Alle Amerikaanse betrokkenheid by die G20-beraad wat Suid-Afrika in November aanbied, is opgeskort. Volgens die Washington Post het die Withuis se Nasionale Veiligheidsraad, op Woensdag 14 Mei, Amerikaanse agentskappe beveel om alle werk met die G20 in Suid-Afrika te staak. Moneyweb berig die stap plaas druk op president Cyril Ramaphosa, wat, van Maandag 19 Mei af, Washington besoek vir ’n laevlakvergadering met president Donald Trump. Die VSA dreig om die beraad te boikot oor beweerde “volksmoord” en grondonteiening. Ramaphosa sal glo probeer om Trump te oorreed om die beraad by te woon en die twee lande se gespanne verhouding te herstel.






Comments