Amerikaanse handelsvennote is nie beïndruk met invoer-tariewe nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 13
- 1 min read
Amerikaanse handelsvennote het teenmaatreëls aangekondig nadat die Donald Trump-administrasie nuwe tariewe op invoer aangekondig het. Die nuwe 25%-tariewe op staal-, aluminium- en varkvleisinvoere het vandeesweek in werking getree. Die Amerikaanse president Donald Trump het ook nuwe tariewe op Kanada, Mexiko en China sedert hy na sy amp teruggekeer het ingestel. Intussen het die Europese Unie nuwe tariewe op Amerikaanse goedere aangekondig wat volgende maand in werking sal tree, en Kanada het ook bykomende heffings op Amerikaanse goedere ingestel. Volgens Trump sal Amerika op hierdie vergelding reageer.





Comments