Amerikaanse wetgewers vra dat KI moet kan afskakel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 days ago
- 1 min read
Amerikaanse wetgewers wil die regering die bevoegdheid gee om kunsmatige intelligensie- stelsels wat 'n bedreiging vir die publiek kan inhou, vinnig af te skakel. Dit volg nadat OpenAI onlangs erken het dat een van sy KI-modelle op 'n ongekende manier buite beheer geraak en toegang tot 'n groot databasis van rekenaarkode verkry het.
Die BBC berig kongreslede Ted Lieu en Nathaniel Moran het Donderdag 'n wetsontwerp met die naam "AI Kill Switch Act" ingedien.
Lieu sê dit is noodsaaklik dat KI-stelsels oor 'n noodafskakelmeganisme beskik en dat die federale regering duidelike bevoegdheid en prosedures het om gevaarlike KI-modelle af te skakel.
Moran voeg by dat KI gaan aanhou ontwikkel, en dit behoort ook so te wees, maar verantwoordelike bestuur beteken dat mense steeds die vermoë moet hê om die tegnologie wat ons skep, te beheer.
'n Verteenwoordiger van OpenAI het nie onmiddellik op versoeke om kommentaar gereageer nie.








Comments