top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Amptenare wat die Lourierpark-grondtoewysingsproses wil kaap sal nie geduld word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

Munisipale amptenare wat glo probeer om die Lourierpark-grondtoewysingsproses vir persoonlike gewin te kaap, sal nie geduld word nie.


Die Mangaung Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, sê hoewel munisipale werknemers, soos alle inwoners, toegang tot behuisingsgeleenthede verdien, moet hulle die behoorlike prosesse volg wat vir hulle beskikbaar is.


Hy voeg in ‘n mediaverklaring by hy het die prosesse rondom die toewysing van erwe in Lourierpark laat nagaan en is tevrede dat dit wettig, regverdig en volgens die vereiste prosedures verloop het.


Volgens hom is sowat 2 000 huishoudings van erwe voorsien en ongeveer 77 000 gesinne is tans op die amptelike behuisingswaglys geregistreer en wag steeds op behuisingsgeleenthede.


Die Lourierpark-toewysing vorm deel van 'n groter grondvrystellingsprogram en toekomstige fases sal op 'n ordelike en wettige wyse geïmplementeer word.


More waarsku dat onwettige optrede en grondbesettings die metro se ontwikkelingsplanne ondermyn en inwoners benadeel wat geduldig op die goedgekeurde behuisingswaglys wag.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page