Die motief vir Mbana se moord is nog onbekend

Dit is nog nie bevestig of die moord op die Vrystaatse DA-raadskandidaat, Thulani Mbana, polities gemotiveerd was nie.
Volgens die Vrystaatse polisie is Mbana Maandagaand by sy woning in Taylor Park in Zamdela doodgeskiet. Twee onbekende mans het hom na bewering genader, waarna een van hulle verskeie skote op hom afgevuur het. Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug.
’n Taakspan en die eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad is gemobiliseer om die verdagtes op te spoor en die omstandighede rondom die moord te ondersoek.
Intussen sê die polisie se provinsiale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur is gereed om veiligheidsmaatreëls te koördineer om vreedsame en veilige plaaslike verkiesings te help verseker.
Die polisie voeg by dat misdaad en geweld nie geduld sal word nie en dat die wet onpartydig toegepas sal word om alle gemeenskappe se regte en veiligheid te beskerm.









Comments