top of page

ANC, DA positief oor moontlike ooreenkoms oor begroting

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 1
  • 1 min read

Die ANC en die DA het vordering gemaak in hul onderhandeling oor die goedkeuring van die begroting, maar dit is nog onduidelik of ʼn finale ooreenkoms bereik gaan word nie. Die twee partye is die afgelope drie dae besig met intensie onderhandelinge. Die begroting moet vandag deur die parlement se Gesamentlike Komitee oor Finansies goedgekeur word en Woensdag deur die Nasionale Vergadering. Verteenwoordigers van albei partye was Maandag positief nadat onderhandelinge Vrydag bykans ineengestort het. Dit blyk asof die DA wel gaan instem tot die nul-komma-vyf persent verhoging van BTW vir hierdie jaar, in ruil vir ander toegewings.

 
 
 

Comments


bottom of page