top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

ANC het vertroue oor begroting, onderhandelings duur voort

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 30, 2025
  • 1 min read

Die ANC sê hoewel hy vol vertroue is dat die 2025-begroting goedgekeur sal word, kan onderhandelinge tot op die nippertjie voortduur. Die Parlement het tot 3 April om oor die begroting te besluit. Die ANC het intussen aangedui dat hy verskeie partye buite die regering van nasionale-eenheid genader het vir steun. SABC-nuus berig die party se nasionale uitvoerende komitee vergader dié naweek in Boksburg aan die Oosrand. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê hoewel die onderhandelings oor die begroting ‘n voortslepende proses is, moet dit fokus op die begroting en nie om beleid of wetgewing te verander nie.

 
 
 

Comments


bottom of page