top of page

ANC hou gedenkdiens vir David Mabuza

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 9, 2025
  • 1 min read

Die ANC sal ‘n gedenkdiens in drie streke in Mpumalanga vir die ontslape voormalige adjunkpresident David Mabuza hou.

Volgens Newskoop sal die diens more plaasvind in dié provinsie waar Mabuza van 2009 tot 2018 as premier gedien het.

Die land onderneem tans ’n tydperk van rou tot Mabuza se amptelike staatsbegrafnis op Saterdag.

Mabuza is verlede week ná ’n kort siekte oorlede. Hy is geprys vir sy dissipline, en vir sy nederige en mensgesentreerde leierskap.

 
 
 

Comments


bottom of page