ANC-kandidate kan nou aan die verkiesing deelneem

Die Konstitusionele Hof het beslis dat 181 ANC-kandidate wat vroeër uitgesluit is, aan die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November mag deelneem.
Volgens IOL het die Konstitusionele Hof die ANC se appèl gehandhaaf teen ’n vorige uitspraak van die Verkiesingshof in Bloemfontein, wat die Verkiesingskommissie se besluit om die kandidate uit te sluit, bekragtig het.
Die geskil het ontstaan nadat die ANC die kandidate se besonderhede en dokumente op die Verkiesingskommissie se aanlynstelsel opgelaai en die vereiste deposito’s betaal het, maar nie die finale indieningstap voor die sperdatum voltooi het nie.
Die ANC het aangevoer dat dié ekstra stap nie uitdruklik deur die wet vereis word nie.
Die uitspraak raak ses munisipaliteite, waaronder Mangaung-metro.
Intussen meen die DA se federale raadsvoorsitter, Ashor Sarupen, dat die hofuitspraak nie die ANC se dalende steun sal omkeer nie.









Comments