ANC-lede eis antwoorde
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 2
- 1 min read
Talle ANC-lede het Maandag by die party se provinsiale kantoor in Bloemfontein saamgedrom om antwoorde te eis oor die tweede uitstel van die Mangaung-streekskonferensie.
Central News berig lede het slagspreuke gesing en geëis dat die party se leierskap 'n nuwe datum vir die konferensie bekend maak.
Die konferensie is belangrik omdat dit nuwe streekleiers sal aanwys voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing.
Volgens berigte is die konferensie reeds voorheen uitgestel weens geskille oor lidmaatskapverifikasie en stemprosedures.
Verskeie ANC-lede sê die herhaalde uitstelle benadeel die party se eenheid en voorbereiding vir die verkiesing.








Comments