top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

ANC sal met AfriForum en Solidariteit gesels

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 31, 2025
  • 1 min read

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het hom verbind tot gesprekvoering met die burgerregtegroep – AfriForum en die vakbond Solidariteit – in ‘n poging om hul verskille uit te stryk. SABC-nuus berig dit volg te midde van die voortslepende gespanne betrekkinge tussen Amerika en Suid-Afrika. AfriForum en Solidariteit het grotendeels die skuld daarvoor gekry oor hulle vroeëre vergadering met afgevaardigdes van die Amerikaanse regering. Hulle is ook daarvan beskuldig dat hulle verdeeldheid saai en vals inligting oor grondonteiening versprei het. Die adjunk-sekretaris-generaal van die ANC het gister ná die ANC se vergadering in Boksburg aan die Oosrand gesê die party wil met Afriforum en Solidariteit in gesprek te tree oor die pad vorentoe.

 
 
 

Comments


bottom of page