top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Macpherson se hofaksie wek kritiek

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 23
1 min read

ActionSA het skerp kritiek uitgespreek op die besluit van die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, om regstappe teen die parlement in te stel.


Maroela Media berig Macpherson wil 'n bevinding van die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en lede se belange betwis nadat die komitee bevind het dat hy die etiese gedragskode oortree het.


Die komitee het verlede maand bevind dat Macpherson diskriminerende opmerkings teenoor ActionSA-ondersteuners gemaak het.


Dit volg nadat hy glo verlede jaar 'n groep hoofsaaklik swart ActionSA-ondersteuners buite die hooggeregshof in Pietermaritzburg as "amaphara" beskryf het.


Volgens die komitee is die woord neerhalend en diskriminerend en dra dit by tot sosiale stigma.


ActionSA-LP Alan Beesley sê dit is kommerwekkend dat 'n kabinetsminister die parlement se gesag uitdaag eerder as om verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar.


Dean Macpherson. FOTO: Facebook
Dean Macpherson. FOTO: Facebook


 
 
 

Comments


bottom of page