top of page

ANC tevrede met SA se vordering om van gryslys verwyder te word

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 17
  • 1 min read

Die ANC is tevrede met Suid-Afrika se vordering om van die Internasionale Finansiële Aksietaakmag se gryslys verwyder te word.

Dit is ʼn lys van lande wat nie genoeg doen om geldwassery en terreurfinasiering te bekamp nie.

Volgens die Nasionale Tesourie het Suid-Afrika reeds 22 van die verwagte aksiepunte voltooi.

Die ANC sê dit versterk die geloofwaardigheid van die land se finansiële stelsels te midde van die nalatenskap van staatskaping.

Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die party is tevrede met die uitstekende werk en samewerking van die Nasionale Tesourie, die Nasionale Vervolgingsgesag, die Valke, polisie en die Staatsveiligheidsagentskap in hierdie proses.

 
 
 

Comments


bottom of page