Misdaad vertraag groot waterprojekte

1 hour ago
1 min read
Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, sê misdaad bly ‘n groot struikelblok vir die tydige voltooiing van grootskaalse waterinfrastruktuurprojekte.
Die departement het aan die parlement se portefeuljekomitee gesê dat ses megaprojekte, insluitend die Lesotho-hooglandwaterprojek en damme by Clanwilliam en Tzaneen, agter skedule is.
Ander uitdagings sluit in gemeenskapsweerstand, swak vakmanskap en probleme met verkryging.
Mahlobo sê vordering is gemaak, ten spyte van die departement se problematiese verlede.








Comments