top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die BHF eis drastiese veranderinge om mediese fondse bekostigbaar te hou

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
56 minutes ago
1 min read

Die Raad van Gesondheidsorgfondsvennote, die BHF, waarsku dat dit vir mediese skemas onmoontlik gaan wees om aanstaande jaar se lae premieverhogings te bereik as die stygende koste van privaat gesondheidsorgdienste self nie dringend getakel word nie.


Eyewitness News berig  BHF het ’n dringende skrywe aan die reguleerder gerig waarin hulle vra vir strukturele hervormings om die verbruiker te help.


Dit volg nadat die Raad vir Mediese Skemas aanbeveel het dat mediese fooie vir 2027 met 3.8% behoort te styg.


Die BHF wys daarop dat skemas se uitbetalings aan diensverskaffers die afgelope twee jaar van R218 miljard tot meer as R259 miljard opgeskiet het.


Hulle eis nou onder meer die reg om kollektief oor beter pryse met hospitale en dokters te mag onderhandel.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page