ANC vra ‘n ondersoek na tegniese probleme nadat sy kandidate nie gelys is nie

Die ANC het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gevra om die tegniese probleme te ondersoek wat tot gevolg gehad het dat van sy kandidate nie op die OVK se lys van benoemde kandidate aangebring kon word nie.
SABC-nuus berig die ANC woordvoerder, Mahlengi Bhengu sê die probleme het voorgekom kort voor die spertyd vir die indiening van kandidate. Volgens haar kon die stelsel nie die laaste stap van die elektroniese indiening bevestig nie.
Die OVK het vroeër op 'n nuuskonferensie gesê dat hy nié uitstel sal gee vir die indiening van kandidate nie. Die kommissie sê die aanlyn benoemingstelsel was oop twee maande voor die benoemings op 7 Augustus begin het. Die sperdatum vir die indiening van kandidate was 28 Augustus.








Comments