top of page

ANC-Vrystaat gaan optree teen swak presterende munisipaliteite

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 1, 2025
  • 1 min read

Na aanleiding van verdoemende onthullings tydens 'n toesigbesoek in die Vrystaat deur die Parlement se Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering (Cogta), sê die ANC stappe sal in munisialiteite geneem word. Die komitee het volgens SABC News aangedui dat met geen skoon oudits die provinsie die swakste presterende munisipaliteite het. Die ANC se provinsiale werkkomitee vergader tans om te bespreek watter stappe teen hierdie munisipaliteite geneem sal word. Volgens die party se provinsiale sekretaris het Cogta iets blootgelê wat hulle ook tydens hul leierskap se padskoue gevind het, en dit bewys dat iets gedoen moet word om hierdie probeme reg te stel.

 
 
 

Comments


bottom of page