Andi vier haar 15de verjaardag onder die Vrystaat-son
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 21
- 1 min read
’n Leeuwyfie wat uit onwettige privaatbesit in Roemenië gered is, vier haar 15de verjaardag by LIONSROCK Big Cat Sanctuary naby Bethlehem in die Vrystaat.
Die reservaat, 'n FOUR PAWS-toevlugsoord, huisves sowat 100 grootkatte wat van regoor die wêreld gered is.
Volgens LIONSROCK is Andi as welpie gekoop om saam met toeriste vir foto’s op ’n strand gebruik te word.
Nadat ontdek is dat privaatbesit van wilde diere onwettig is, het ’n diereliefhebber naby Timisoara in Roemenië later na Andi omgesien.
Die reservaat sê die omstandighede was egter nie geskik vir ’n grootkat nie – iets wat volgens hulle algemeen voorkom waar wilde diere privaat aangehou word.
Andi woon sedert 2012 by die reservaat in die Vrystaat waar sy steeds in haar spesiaal aangepaste habitat floreer.








Comments