Apartheidsera-moordenaars se vonnisoplegging is uitgestel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 23
- 1 min read
Die vonnisoplegging van twee voormalige polisiesersante uit die apartheidsera wat skuldig bevind is aan die voorbedagte moord op die studente-aktivis Caiphus Nyoka is uitgestel.
Die vonnisoplegging van Hercules Engelbrecht en Pieter Stander, beide in hul sestigs, sou hierdie week in die Gauteng-hooggeregshof begin.
Nyoka is in 1987 verskeie kere by sy huis geskiet.
‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Tshegofatso Makhudu, sê Engelbrecht het deur sy regsverteenwoordiger ‘n uitstel versoek. Sy sê hy ly aan swak gesondheid en moet ‘n spesialis raadpleeg en ‘n voorvonnisverslag bekom voordat die saak kan voortgaan.
LUISTER HIER:
Tshegofatso Makhudu








Comments