Apteekvereniging waarsku teen nikotiengevare
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 23, 2025
- 1 min read
Die Onafhanklike Gemeenskapsapteekvereniging sê hulle sal vanjaar fokus op die bevordering van bewustheid oor misleidende taktieke en gesondheidsrisiko’s wat met nikotienprodukte verband hou.
Volgens Newskoop berei die organisasie voor om aan die einde van Mei aan vanjaar se Wêreld-Geen-Tabakdag deel te neem.
Hierdie dag word jaarliks op 31 Mei gevier om bewustheid oor die gevare van tabakgebruik te verhoog.
Vanjaar se tema fokus op die ontmaskering van die aantrekkingskrag, die blootlegging van leuens, en die beskerming van lewens.
Die vereniging se uitvoerende hoof, Jackie Maimin, sê hulle is daartoe verbind om die gesondheid en welstand van gemeenskappe te bevorder.
LUISTER HIER:







Comments