Argeoloë ontdek 'n Christelike artefak wat lig werp oor dooppraktyke
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 10
- 1 min read
Argeoloë wat naby die See van Galilea werk, het ‘n 1 400 jaar oue Christelike artefak ontdek wat navorsers glo nuwe insig bied in vroeë dooppraktyke.
Die See van Galilea is ‘n streek wat nou verbind word met die bediening van Jesus. Die ontdekking is gemaak in die antieke stad bekend as Sussita, wat ‘n belangrike biskoplike setel was gedurende die Bisantynse era.
Ná ‘n uitgebreide ondersoek en vergelyking het geleerdes tot die gevolgtrekking gekom dat geen bekende parallelle met die artefak bestaan nie. Die marmerblok is ontdek in die doopsaal vir babas en kinders by die stad se katedraal, wat ná 591 n.C. gebou is en later in 749 n.C. in ‘n aardbewing vernietig is.
Kenners glo dat die blok moontlik verskillende olies bevat het wat in ‘n drievoudige doopseremonie gebruik is, wat tipies behels dat die kandidaat drie keer in water gedoop word.








Comments