Armoede en ongelykheid dryf glo skoolgeweld in die Mangaung-metro aan
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 22
- 1 min read
Updated: Jul 23
Geweld by skole in die Mangaung-metro is volgens 'n nuwe studie eerder 'n teken van die sosiale uitdagings waarmee baie gemeenskappe worstel as bloot swak dissipline onder leerders.
My City Bloem berig meer as 800 leerders in die metro is as moontlike bendelede geïdentifiseer.
Die studie voer aan dat armoede, werkloosheid, dwelmmisbruik, voedselonsekerheid en geweld in gemeenskappe 'n groot bydrae tot skoolgeweld lewer.
Hoewel maatreëls soos polisievennootskappe en deursoekings kan help om geweld te beperk, word daar gewaarsku dat dit nie die onderliggende oorsake aanspreek nie.
Die studie beveel groter gemeenskapsbetrokkenheid en beter psigososiale ondersteuning vir leerders aan.








Comments