Artemis II is in ‘n wentelbaan om die aarde
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 2
- 1 min read
NASA se Artemis II-sending, die eerste een in 50 jaar om rondom die maan te reis, het gelanseer en die ruimtetuig is nou in ’n wentelbaan om die aarde.
Dit sal vir 24 uur in die wentelbaan bly terwyl die bemanning kontroles uitvoer. As alles goed verloop, sal dit die groen lig kry om na die maan te vertrek.
Die BBC berig 'n Nasa-woordvoerder het kort ná die lansering in 'n mediakonferensie gesê die bemanning is “veilig en in uitstekende bui.” Die ruimtevaarder Reid Wiseman het kort ná hul opstyg gesê dit is 'n pragtige uitsig, en bygevoeg daar was 'n wonderlike maanopkoms.
Die BBC se wetenskapredakteur, wat die lansering bygewoon het, sê die gebeurtenis was eenvoudig skouspelagtig. Sy voeg by sy kon die krag van die vuurpyl wat opstyg deur haar liggaam voel.
Die bemanning op die 10-dae sending sal nie op die maan land nie, maar sal verder van die aarde af reis as wat enigiemand nog ooit tevore gedoen het.
LUISTER HIER:






Comments