ARV-spore in drinkwater kan tot antimikrobiese weerstand lei
- Armando Pieters

- Jul 18
- 1 min read
Alhoewel die langdurige blootstelling aan spore van antiretrovirale middels (ARV’s) in drinkwater tot antimikrobiese weerstand kan lei en tans ondersoek word, verseker die Departement van Water en Sanitasie asook die Waternavorsingskommissie die publiek dat die spore onskadelik is. Dit kom nadat ‘n onlangse studie van die Noordwes-Universiteit ARV-spore in watermonsters gevind het wat by riviere en drinkwaterbronne geneem is. Die departement sê farmaseutiese middels soos ARV’s is middels wat gebruik word om siektes te behandel, en hulle veroorsaak nie siektes nie.





Comments