Asbesdak-huise in Botshabelo word gesloop
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 10
- 1 min read
Die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings het begin om twee-kamer huise met asbesdakke te sloop.
Volgens ‘n plasing op sosiale media sal n totaal van 16 eenhede deur 'n spesialis-asbeshanteringskontrakteur, in Botshabelo, oos van Bloemfontein, gesloop word.
Die eehede sal deur Breaking New Ground Houses vervang word. '
SABC News berig die projek is deel van die departement se geoormerkte befondsingsprojek van R30 miljoen.
Die departement beoog om 80 met eenhede asbesdakke in die provinsie voor die einde van hierdie boekjaar te sloop.






Comments