Asielsoekers wag ure op OR Tambo
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 14
- 1 min read
Die 153 Palestyne wat as asielsoekers na Suid-Afrika gereis het, kon uiteindelik afklim - nadat hulle byna 12 ure in ‘n vliegtuig by O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park deurgebring het.
Die Grensbestuursowerheid het hulle, volgens SABC News, aanvanklik toegang tot Suid-Afrika geweier. Dit aangesien hulle nie die duur van hul verblyf of die adres van verblyf in Suid-Afrika kon aandui nie.
Die reisigers het ook nie die gebruiklike vertrekstempels in hul paspoorte gehad nie.
Gift of the Givers het egter sy verbintenis gegee om die reisigers te akkommodeer. Na hierdie verifikasie is hulle toegelaat om die land binne te gaan.






Comments