ATLETIEK: 24 000 atlete gaan vanjaar se Kaapstad-marathon aandurf
- Armando Pieters

- Jul 10
- 1 min read
Altesaam 24 000 langasems het vanjaar ingeskryf vir die Kaapstad-marathon wat op 19 Oktober wegspring. Diè marathon wat verlede jaar die eerste fase van die evalusieproses geslaag het om Afrika se eerste World Marathon Major te word se organiseerders en hul vennote werk hard agter die skerms om dit te laat realiseer. Een van die vereistes is dat buitelandse atlete van oor die wêreld heen hier moet kom hardloop en nie net een land spesiefiek soos bv. Kenia nie. Daar word verwag dat meer as 20 000 buitelanders vir die 2026 marathon wel in die Moederstad sal aantree.





Comments