top of page

ATLETIEK: Akani Simbine wys hakskene op Atlanta City Games in 100 m / Wayde van Niekerk derde plek behaal in 200 m

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 19, 2025
  • 1 min read

Suid-Afrika se 100 m wêreldkampioen Akani Simbine het sy segetog in dié baan-item voortgesit nadat hy goud gewen het by die Atlanta City Games. Simbine wat ’n tyd van 9.86 sekondes gehardloop het se tyd was weereens blitsvinnig maar weens ’n windlesing van +2.3 m/s sal dit ongelukkig nie op die amptelike ranglyste erken word nie. Udodi Onwuzurike van Nigerië was tweede gevolg deur deur die Jamaikaan Deandre Dey in die derde plek in 10.02s. *Wayde van Niekerk kon ook uiteindelik sy seisoen aan die gang kry maar moes met ’n derde plek in die 200 m tevrede wees. Dié wêreldrekordhouer oor 400 m het ’n belowende tyd van 20.03s gehardloop.

 
 
 

Comments


bottom of page