Atletiek gaan weer voort by die stadion in Bloemfontein
- Ilde Roos
- 24 hours ago
- 1 min read
Die gebrekkige betonstruktuur by die Vrystaatse atletiekstadion is tydelik afgebaken sodat byeenkomste weer hier kan voortgaan.
Volksblad berig dit is een van die tussentydse maatreëls wat by die stadion ingestel.
Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Saki Mokoena, sê nadat die tussentydse maatreëls ingestel is, kon die stadion drie weke gelede weer begin om byeenkomste aan te bied. Daar kon sedert begin Augustus geen byeenkomste hier aangebied word nie.
Volgens Mokoena is ’n dringende terrein-inspeksie gedoen om die beskadigde dele van die stadion af te sper, terwyl leiding en ondersteuning aan die stadion se personeel verskaf sal word om die veiligheid van atlete, beamptes en toeskouers te verseker.
Rosestad-nuus het vroeër berig die munisipale bestuurder van die Mangaung-metro, Sello More, het vroeër vanjaar op ’n sitting van die wetgewer gesê daar is net R6,9 miljoen begroot om die stadion op te knap, maar dat R26 miljoen benodig word net om die atletiekbaan te vervang.

Comments