top of page

Die Vrystaat-stadion knak onder swak toestande en gebrekkige begroting

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 30, 2025
  • 1 min read

Terwyl net die atletiekbaan R26 miljoen sal kos om te vervang, het die Mangaung-metro slegs R6,9 miljoen begroot om die atletiekbaan sowel as die Vrystaat-rugbystadion self op te knap.

Die munisipale bestuurder, Sello More, sê die metro is egter onder finansiële druk.

Volksblad berig More voeg by hy besef die stand van die stadion is 'n krisis vir sport in die Vrystaat, aangesien dit verlede jaar na 'n Klas C-stadion afgegradeer is. Dit beteken geen hoëprofiel-rugbytoetse kan daar gespeel word nie.

Die president van die Vrystaatse Rugbyunie, Coenraad Klopper, sê 'n hoëprofiel-rugbytoets kan tot R170 miljoen genereer, maar kaartjies kan weens die stadion se gradering nie meer uitverkoop nie.

Klopper het verskeie probleme en tekortkominge in die stadion uitgelig wat tot sy afgradering bygedra het.

More sê stappe is al gedoen om die stadion in 'n beter toestand te kry.

 
 
 

Comments


bottom of page