top of page

Die atletiekstadion mag nou geen meer byeenkomste hou nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 19
  • 1 min read

Die Vrystaat-atletiekstadion in Bloemfontein mag tot verdere kennisgewing geen sportbyeenkomste aanbied nie. Dit volg nadat die Mangaung-metro versuim het om die stadion volgens nasionale standaarde te onderhou.

Volgens ’n DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, Werner Pretorius, sal kinders nog wel op die stadion mag oefen, maar geen amptelike byeenkomste mag plaasvind nie.

Nova News berig die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) in die Vrystaat, Saki Mokoena, sê die Ramprisikobestuur kon nie ’n veiligheidsgradering aan die stadion toeken nie weens verskeie risiko’s vir toeskouers.

Die voorsitter van baan- en velditems van Atletiek Vrystaat, Odessa Swartz, sê die baan se tartan-oppervlak moes twee jaar gelede reeds vervang gewees het, so geen rekords wat hier opgestel word, word internasionaal erken nie – ’n groot nadeel vir topatlete soos Wayde van Niekerk en Rumé Burger wat plaaslik rekordtye aangeteken het.

 
 
 

Comments


bottom of page