ATLETIEK: RUN WITH ZOLA 5km-wedloop beloof om spesiale en unieke geleentheid te wees
- Armando Pieters

- Jun 26
- 1 min read
Die Run with Zola 5km word Saterdagoggend by die Harlequins-klub in Pretoria gehou waar Zola Budd self deelnemers gaan verwelkom en saam met hulle draf. Budd sê dié gemeenskapsdraf is ʼn herinnering aan hoe haar eie drafloopbaan begin het sonder druk en met ʼn gevoel van samehorigheid. Die organiseerders sê belangstellendes het nog tot Vrydagaand om in te skryf vir hierdiè unieke geleentheid. *Budd het veral bekendheid verwerf weens haar kaalvoet-deelname aan die 1984 Los Angeles Olimpiese Spele waar sy Groot-Brittanje verteenwoordig het en toe in die 3000m-finaal met die Amerikaner Mary Decker Slaney gebots het in ‘n opspraakwekkende wedloop.





Comments