top of page

ATLETIEK: S.A se naeloop-ster Bayanda Walaza wen goud by die Universiteit Spele in Duitsland

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 24, 2025
  • 1 min read

Suid-Afrika se Bayanda Walaza het tot oorwinning gestorm om goud te wen in die 100m finaal by die FISU Wêrelduniversiteitspele in Duitsland. Ten spyte daarvan dat hy met beperkte voorbereiding aan diè byeenkoms deelneem probeer hy die uitdagings doelgerig oorkom en ook kalm op die baan bly. Span SA se medaljetelling staan nou tans op 12 wat vier goud, twee silwer en ses brons medaljes insluit. Die VSA is heel bo-aan die lys met 72 medaljes gevolg deur China en Korea met onderskeidelik 44 en 38 medaljes. Ongeveer 8500 atlete van oor die 150 lande neem in 18 sportsoorte deel. Dié byeenkoms duur tot Sondag.

 
 
 

Comments


bottom of page