ATLETIEK: SA atlete slaggereed vir ASA Grand Prix
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 11, 2025
- 1 min read
Suid-Afrika se voorste baan- en veldatlete is slaggereed om hul staal te toon by die ASA Grand Prix-byeenkoms wat Woensdag in Tshwane wegtrek en waar kontantpryse vir die wenners op die spel gaan wees. Die middelafstand-items beloof groot opwinding want Prudence Sekgodiso keer terug na eie bodem in die 1 500m terwyl Charne Swart en Botswana se Oratile Nowe mekaar sal opdreun in die 800m vir vroue. In die velditems gaan die voormalige wêreldverspring-kampioen, Luvo Manyonga, sy tweestryd voortsit teen die Statebondspele-medaljewenner Jovan van Vuuren terwyl die gewigstootspesialis, Kyle Blignaut, op die uitkyk vir die goue medalje gaan wees. Een van die hoogtepunte gaan beslis die langverwagte mans 100-meter-stryd met Kenia se Ferdinand Omanyala wees wat gaan poog om die vinnigste man uit die blokke - en oor die wenstreep - te wees.






Comments