top of page

ATLETIEK: Student hardloop 800m onder twee minute

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 4, 2025
  • 1 min read

‘n Student aan die Universiteit van Pretoria het die sesde Suid-Afrikaanse atleet geword om die 800-meter item onder twee minute te voltooi. Die 23-jarige Charné Swart het Saterdag op die Pilditch-stadion in Pretoria ‘n rekord tyd van 01:59.86 aangeteken. Swart kan moontlik na die Wêredkampioenskap in September saam met die Suid-Afrikaanse Spele-atleet, Prudence Sekgodiso, na Tokyo reis. Die vinnigste tyd vir die 800-meter item is deur Caster Semenya in Parys in 2018 gestel.

 
 
 

Comments


bottom of page