top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Atletiek Suid-Afrika skors Steven Swarts

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 9, 2025
  • 1 min read

Die omstrede president van Atletiek Vrystaat (AFS), Steven Swarts, is deur Atletiek Suid-Afrika (ASA) geskors. Netwerk24 berig Swarts en Atletiek Vrystaat is Saterdag oor sy skorsing en hangende dissiplinere verhoor ingelig. Rosestad-nuus het vroeër berig die 23-jarige Marcia van Niekerk was geskok om te hoor Swarts is vyf jaar na hy in Bloemfontein aan seksuele aanranding skuldig bevind is, steeds die president van AFS. Swarts is 'n prominente figuur in atletiek asook die stiefpa en huidige afrigter van die Olimpiese Goue Medaljewenner, en 400m Wêreldrekordhouer, Wayde van Niekerk. Netwerk24 berig verder die ASA-raad het een parig in ‘n vergadring vroeër die week besluit dat Swarts geskors sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page