top of page

ATLETIEK: Wayde van Niekerk oefen sonder afrigter

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 25
  • 1 min read

Wayde van Niekerk, die 2016 Olimpiese 400m-kampioen en rekordhouer, is terug in Bloemfontein – maar hy het nie ‘n afrigter nie. Dit kom nadat Atletiek Suid-Afrika (ASA) sy stiefpa en afrigter, die seksoortreder Steven Swarts, geskors het. Volgens is Swarts skuldig bevind aan die verkragting van vroue-atleet Marcia van Niekerk. Hy is egter twee jaar gelede as Atletiek Vrystaat se president aangestel. het onlangs berig oor Marcia se skok en afgryse oor dié aanstelling, en sedertdien is Swarts uit ASA geskors, hangende ‘n tugondersoek. Wayde berei nou alleen voor vir die seisoen – insluitend vir die Wêreldkampioenskap in Tokio in September – en sy agent, Peet van Zyl, sê terwyl dit nog nie ‘n krisis is nie, hulle dit tog gaan moet aanspreek.

 
 
 

Comments


bottom of page