top of page

ATLETIEK: Wildschutt verbeter SA nasionale 10km-rekord in Gqeberha

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 14, 2025
  • 1 min read

Die 26-jarige Olimpiese atleet Adriaan Wildschutt het vir ’n opskudding gesorg toe hy die eerste wedloop van die ABSA Run Your City-reeks in ’n rekord-tyd gewen het. Wildschutt wat in Ceres gebore is het die 10km wedloop in ’n tyd van 27:28 afgelê en die vorige rekord wat deur Precious Mashele in 2023 opgestel is met sewe sekondes verbeter. Die Keniaan Vincent Kipkorir was tweede gevolg deur nog ’n Suid-Afrikaner Kabelo Mulaudzi in die derde plek. In die dames afdeling het Kipkorir se landgenoot Jane Chacha ’n droomdebuut gemaak toe sy in ’n wentyd van 31:45 oor die eindstreep was gevolg deur Selam Gebre van Ethiopië en die Suid-Afrikaner Glenrose Xaba in die derde plek.

 
 
 

Comments


bottom of page