Aucamp is na verwagting die nuwe minister van landbou
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 7 days ago
- 1 min read
Willie Aucamp sal na verwagting John Steenhuisen as minister van landbou opvolg as deel van voorgestelde veranderinge aan die DA se verteenwoordiging in die regering.
Volgens Netwerk24 het die nuwe DA-leier, Geordin Hill-Lewis, president Cyril Ramaphosa versoek om verskeie veranderings aan die party se ministeriële en adjunkministeriële poste aan te bring.
Steenhuisen sal volgens die voorstel na die pos van adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging verskuif word, terwyl Aucamp die landbouportefeulje oorneem.
Die veranderinge volg ná 'n interne hersiening van die prestasie van DA-ministers en adjunkministers.
Hill-Lewis se voorstelle word vandag aan die DA se federale uitvoerende bestuur voorgelê, waarna die veranderinge na verwagting later amptelik aangekondig sal word.








Comments