top of page

Australiese tieners se Twitch-rekeninge word ook gedeaktiveer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 21
  • 1 min read

Die stroomplatform Twitch is nou bygevoeg tot Australië se verbod op tienersosiale media, wat volgende maand begin.


Twitch sluit aan by platforms soos Facebook, Instagram, TikTok en Snapchat.


Hulle moet vanaf 10 Desember verseker dat tieners onder 16 nie rekeninge kan oopmaak nie.


Die eVeiligheidskommissaris, Julie Inman Grant, sê Twitch is by die lys ingesluit omdat die hoofdoel daarvan aanlyn sosiale interaksie is.


Die BBC berig dat Twitch vanaf 9 Januarie volgende jaar bestaande rekeninge vir tieners onder 16 sal begin deaktiveer.


Ter illustrasie. FOTO: Antara News
Ter illustrasie. FOTO: Antara News

Comments


bottom of page