Australië plaas ‘n verbod op besoekers uit Iran
- Saamgestel deur Jana Roos

- 47 minutes ago
- 1 min read
Australië het 'n verbod geplaas op besoekers uit Iran, om te verhoed dat enigeen sou besluit om weens die voortdurende aanvalle op Iran nié na hul vaderland terug te keer nie.
SABC-nuus berig die Australiese regering sê mense wat met Iranse paspoorte reis, sal vir die volgende ses maande nie in die land toegelaat word nie. Hy sê die Israels-Amerikaanse konflik met Iran het die risiko verhoog dat sommige besoekers nié na Iran sal terugkeer wanneer hul visums verstryk nie.
Dit geld volgens amptenare vir meer as seweduisend mense wat reeds Irannese besoekersvisums ontvang het.
Die opposisie- Groen Party sê die maatreël is wreed en onregverdig.








Comments