Australië se leër word vir die eerste keer deur 'n vrou gelei
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 14
- 1 min read
Australië het aangekondig dat sy weermag vir die eerste keer in sy 125-jarige geskiedenis deur ’n vrou gelei sal word. Dit kom as deel van ’n herskommeling van die land se verdedigingsmag se leierskap.
Al Jazeera berig luitenant-generaal Susan Coyle sal in Julie die hoof van die weermag word. Coyle se loopbaan strek oor byna vier dekades.
Haar aanstelling kom terwyl die Australiese weermag poog om die aantal vroulike offisiere in sy geledere te verhoog. Dit staar ook ’n golf van bewerings van sistemiese seksuele teistering en diskriminasie in die gesig.
Die Australiese minister van verdediging, Richard Marles, sê Coyle se aanstelling sal van groot betekenis wees vir vroue wat tans in die Australiese weermag dien en vir dié wat oorweeg om in die toekoms aan te sluit.








Comments