Australië se sosiale media-verbod vir tieners tree in werking
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Australië se sosiale media-verbod vir tieners tree Woensdag in werking.
Die land het onlangs aangekondig dat kinders onder die ouderdom van 16 verbied sal word om sosiale media te gebruik.
Kritici van die wet sê dit loop die risiko om jongmense van noodsaaklike ondersteuningsnetwerke af te sny.
Dit is die eerste keer dat enige land ‘n algehele ouderdomsgebaseerde verbod op sosiale media-platforms ingestel het.
Die Australiese regering het sosiale media-platforms versoek om nuwe minderjarige rekeninge te blokkeer en bestaande rekeninge wat aan mense jonger as 16 behoort, te verwyder.
Rosestad-nuus het vroeër berig ‘n week voordat die amptelike verbod begin het, het die tegnologiereus, Meta, reeds begin om kinders onder 16 jaar van sy platforms te verwyder.
Dit sluit Instagram, Facebook en Threads in.
Die BBC berig na raming sal 150 000 Facebook-gebruikers en 350 000 Instagram-rekeninge geraak word.




Comments