Meta verwyder tieners se Facebook en Instagram-rekeninge
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 4, 2025
- 1 min read
‘n Week voordat Australië se amptelike tiener sosiale media verbod begin het die tegnologiereus, Meta, begin om kinders onder 16 jaar van sy platforms te verwyder.
Dit sluit Instagram, Facebook en Threads in.
BBC berig na raming sal 150 000 Facebook-gebruikers en 350 000 Instagram-rekeninge geraak word.
Maatskappye kan boetes van tot 25-miljoen pond in die gesig staar as hulle nie redelike stappe doen om te keer dat kinders onder 16 rekeninge het nie.
Volgens Meta sal nakoming van die wet ‘n deurlopende en veelvuldige proses wees.







Comments