Meta is beveel om sekere Instagram- en WhatsApp-kanale te sluit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 16
- 1 min read
Die Gautengse Hooggeregshof het beveel dat die tegnologiereus Meta sekere Instagram-rekeninge en WhatsApp-kanale moet sluit weens die verspreiding van kinderpornografie.
Volgens die departement van kommunikasie en digitale tegnologieë se Facebook-blad sê die adjunkminister van kommunikasie, Mondli Gungubele, die departement en die film- en publikasieraad verwelkom dié belangrike oorwinning in die stryd teen aanlyn seksuele misbruik van kinders.
Gungubele voeg by hierdie hofuitspraak gee nuwe hoop dat dit wel moontlik is om ʼn veiliger digitale wêreld vir die jeug te skep.





Comments