top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Avokadopryse skiet die hoogte in

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 17, 2025
1 min read

Vir baie huishoudings is avokado's 'n noodsaaklikheid in die kombuis, of dit nou in 'n slaai gegooi word, in 'n smoothie gemeng word, of op 'n sny roosterbrood gesmeer word. Maar as jy onlangs ‘n kruidenierswinkel besoek het, sê Primedia was jy waarskynlik verstom oor die stygende pryse van avo's. Volgens die Hoof uitvoeredende bestuurder van die Suid-Afrikaanse Subtropiese Kwekersvereniging, Derek Donkin, strek die Suid-Afrikaanse avokadoseisoen van Februarie tot November. Hy wys daarop dat logistieke kwessies met die invoer van die vrugte van Tanzanië tot 'n tekort op die land se rakke gelei het. Wat die prysstygings betref, verduidelik Donkin dat die pryse styg wanneer die aanbod laag is. Hy is egter optimisties dat pryse in Februarie sal daal.

 
 
 

Comments


bottom of page