Babakos moet herevalueer word
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 29
- 1 min read
Navorsers by Stellenbosch doen ‘n beroep op die herevaluering van babakos vir hul potensiële skade aan jong kinders se eetgewoontes.
Die navorsers het bevind dat 36% van babakos bygevoegde geurmiddels bevat.
Hulle sê die soet geur kan veroorsaak dat babas soeter kosse bo hul natuurlike geure verkies.
Dit kan dus hul eetgewoontes beïnvloed soos hulle ouer word.
‘n Navorser vir die departement Voedselwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, Wilana Barnard, sê baie kosse is verkeerd gemerk om natuurlike bestanddele te bevat.
Sy voeg by die geurmiddel in hierdie kommersiële komplementêre kosse moet herevalueer word en etiketteringsregulasies moet behoorlik toegepas word om babs en kinders te beskerm.






Comments