Babaprodukte word herroep
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Die Nasionale Verbruikerskommissie sê hulle monitor die herroeping van twee Nutricia-babaprodukte in Suid-Afrika noukeurig.
Dit raak byna 3 000 eenhede van Aptamil Nutribiotik 2 en Aptajunior Nutribiotik 3.
Die betrokke bondels is glo deur groot apteekgroepe, insluitend Dis-Chem en Clicks, regoor die land verkoop.
Die herroeping volg ná kommer oor ’n middel wat tydens die vervaardigingsproses gebruik word en wat spore van sereulied kan bevat.
Sereulied is ’n gifstof wat naarheid, braking en buikkrampe kan veroorsaak indien iemand daaraan blootgestel word.
Die kommissie doen ’n beroep op verbruikers wat moontlik die produkte gekoop het om Nutricia Southern Africa te kontak vir verdere inligting.







Comments