Babas tuis ná hipotermie in Nasionale Distrikshospitaal
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 15, 2025
- 1 min read
Die vyf ma's en hul babas wat weens hipotermie uit die kraamsaal van die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein na die Pelonomi-hospitaal geskuif is, is ontslaan en sterk almal tuis aan.
Die woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, sê kraamdienste sal Woensdag na saal drie by dieselfde Nasionale Distrikshospitaal verskuif word.
Volksblad berig die hospitaal se kraamsaal is in Julie verlede jaar ná 'n brand in die eenheid gesluit, maar is later in 'n tydelike saal heropen om aan die hoë aanvraag vir kraamdienste te voldoen.
Die bestuurder van die Vereniging van Staatsamptenare in die Vrystaat, Aubrey Nappie, sê die hospitaal is steeds net gedeeltelik operasioneel nadat herstelwerk weens verskeie onderbrekings vertraag is.
'n Verbod-kennisgewing is teen die kraamsaal uitgereik weens lae temperature in die saal.






Comments