top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Baie beweerde staatskaping sake is op hoorsê gegrond

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 19, 2024
1 min read

Die meeste getuienis waarmee die Zondo-kommissie mense in sy ondersoek by beweerde staatskaping betrek het en vir vervolging uitgewys het, is op hoorsê gegrond. Dit is dus, volgens die minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, Thembi Simelane, nie in strafsake toelaatbaar nie. Sy sê voorts wetstoepassingsagentskappe het tot dusver al sowat 200 aanbevelings van die kommissie vir verdere ondersoek en vervolging geïdentifiseer, en daar is in totaal sowat eenduisend-400 persone deur die kommissie by vermeende misdrywe uitgewys. Baie van hierdie sake hou egter verband met hoorsê-getuienis. Sy het geantwoord op ʼn parlementêre vraag deur ActionSA wat wou weet oor die vordering met die vervolging van staatskapers.

 
 
 

Comments


bottom of page